Specific Threats / Spesifieke Bedreigings
Biosekuriteit op 'n melkplaas: Spesifieke Bedreigings
Aksie |
Risiko |
Versuim om teen Beesbrucellose te ent |
Dit stel die kudde aan ‘n aborsiestorm bloot. ‘n Aborsiestorm en/of onvermoë om infeksie in ‘n kudde uit te roei, kan tot bankrotskap lei! |
Versuim om elke bees met ‘n aparte steriele naald te spuit |
Verspreiding van EBL [Ensootiese Bees Leukose] |
Leen/verhuur van bulle om aan die einde van ‘n dek-seisoen nie-dragtige koeie in kalf te kry |
Resorbsies/aborsies as gevolg van geslagsiektes [Vibrio en Trichomonas] |
Koop van bulle wat nie vir geslagsiektes getoets is en wat nie deur ‘n veeartssertifikaat vergesel word nie |
Resorbsies/aborsies as gevolg van geslagsiektes [Vibrio en Trichomonas] |
Inkoop van diere wat nie vir TB en BM getoets is nie |
Vestiging van die TB en BM in ‘n voorheen-skoon kudde |
Besoekers wat kalwers in hulle eie skoeisel besigtig |
Kalwer diarree veroorsakende bakterieë op skoeisel word ingebring. |
Versuim om ‘n goeie entingsprogram te volg |
Erosie verliese of selfs katastrofiese verliese |
Swak prosedures in die melkstal |
Verspreiding van mastitis- veroorsakende bakterieë, veral Staph aureus |